Zdroj: www.thebibletool.com Afrikaans Bybel (1933/1953)
3 Toe vertel Hy aan hulle hierdie gelykenis en sê: 4 Watter man onder julle wat honderd skape het en een van hulle verloor, laat nie die nege en negentig in die woestyn staan en gaan agter die een aan wat verlore is totdat hy dit kry nie? 5 En as hy dit kry, sit hy dit met blydskap op sy skouers. 6 En as hy by die huis kom, roep hy sy vriende en bure bymekaar en sê vir hulle. Wess saam met my bly, want ek het my skaap gekry wat verlore was.
http://www.bybel.co.za Bybelgenootskap van Suid Afrika 1983
3 Toe vertel Jesus vir hulle hierdie gelykenis: 4 „Sê nou een van julle het honderd skape en een van hulle raak weg. Wat doen hy dan? Hy laat die nege en negentig in die veld staan en gaan agter die een aan wat weg is, totdat hy hom kry. 5 En as hy hom kry, is hy bly en tel hom op sy skouers. 6 As hy by die huis kom, roep hy sy vriende en bure bymekaar en sê vir hulle: 'Wees saam met my bly, want ek het my skaap wat weg was, weer gekry.'
Počet shlédnutí: 64